Tuesday 23 April 2013

Nou wat nou?

Die tuis toets se ons is swanger maar mens wil dit amper nie glo nie. Dis Dinsdag, ek het toevallig n gynae afspraak vir die komende Donderdag en besluit ek sal proaktief wees en die ontvangsdame bel en verwittig van die swangerskap. Ek vind toe by haar uit dat die gynae gaan bloed trek om die swangerskap te bevestig en dat ek so lank die bloed by Pathcare kan laat trek dan sal hulle die uitslag vir die gynae teen Donderdag stuur. Ek kry toe al die nodige vorms en spring in my kar na Pathcare toe wat gelukkig net oor die 1km van ons huis. Die toetse verloop vinnig en nou moet ons maar wag tot Donderdag toe. 

In die tussen tyd wonder ons of ons vir enige iemand moet vertel. Ons besluit vir nou om dit maar n geheim te hou tot die gynae vir ons kan adviseer.

Donderdag voel soos n leeftyd. Deur middel van die internet werk ek so lank my "due date" uit en leer soveel moontlik van swangerskap en wat om te verwag.

Weber aan die ander hand wil wag tot die dokter dit bevestig so is nog nie helemaal oortuig nie.

Donderdag breek uiteindelik aan. Die afspraak met die dokter verloop goed. Sy dink ons is omtrent eager beavers omdat ons op 5 weke swanger vir haar kom sien maar eintlik was dit my jaarlikse se afspraak en dis hoekom ons so vroeg by haar was. Maar anyway sy het bevestig dat ons swanger is en het weer bloed geneem om te kyk hoe my swangerskap hormone besig is om te vermeerder. Sy se ons moet haar oor 2 weke kom sien en na daardie besoek kan ons die familie vertel. Gewoonlik wag mense tot en met 12 weke om dit aan die wereld te verkondig want die eerste 3 maande is maar hoe risiko.

Ek en Weber gaan baie gelukkig huis toe maar dit voel nogsteeds onwerklik. Ons wonder hoe ons hierdie gaan geheim hou tot op 7 weke.

1 comment:

  1. Daar is pilletjie by n homeopathiese shop wat jy kan drink.
    Kyk op die Discovery website hulle gee baie raad en ook n hamper.
    kyk na Weber se eetgewoontes, ek het 12 kg opgetel met Michaela.

    Weereens geluk julle twee/drie.

    Org

    ReplyDelete