Friday 2 August 2013

21 Weke - Patat groei mooi

Gister het ons vir ons 21 weke sonar gegaan en was dit omtrent n storie. Klein patat het ons 3 ure by die dokter gehou en wou net nie vir die laaste toets reg le nie. Na n uur van probeer moes ons gaan stap en koffie drink, terug kom en weer probeer. Maar nee sy le en speel in die baarmoeder en wil net nie op haar rug le sodat die dokter haar hartkamers en kleppe kan ondersoek nie. Vir my en Weber was dit al te lekker want vir 3 ure kon ons sien hoe sy haar self besig hou. Sy het lekker baie beweeg, soms haar boude vir ons gewys, dan haar voet vasgehou, vloeistof gesluk, my met die kop gestamp, alles behalwe op haar rug le. So na n lang besoek is ek vanoggend weer terug om te kyk of hulle gou die laaste toets kan doen. Ek het die dokter se intruksies gevolg en 10:15 in die oggend n stuk sjokolade geeet en dit lyk my dit het die ding gedoen. Toe ons die sonar opsit het sy in die perfekte posisie gele en die dokter kon finaal se dat sy al die toetse slaag en dat alles werk soos dit moet en dat sy gesond is.

Sy weeg 373gm :)

Hier onderaan is n paar fotos en videos.

Foto 1 is haar voetjie. Op die oomblik meet dit 3.6cm....te oulik. Sy het blykbaar haar pa se voete, die 2de toontjie is langer as die groot toon.



Op die volgende foto kan mens sien hoe die bloed deur haar brein vloei en deur die nodige kliere.



Hier onderaan le sy met haar vuis bo haar neus :)


Die eerste video wys hoe sy vrugwater sluk. So drink lekker haar eie piepie op die oomblik. Dis alles goeie tekens dit beteken die brein doen sy werk.



Op die tweede video kan mens sien hoe die bloed van haar naelstring na haar toe pomp. Die rooi is die bloed wat invloei en die blou vloei uit. Dis net so amazing om al hierdie dinge te kan beleef. Mens kan heeldag by die dokter bly en patat videos kyk.


Die laaste video sukkel die dokter om haar in fokus te kry want se sy beweeg so baie maar later kan mens sien hoe sy haar arm beweeg. 


So volgende week is ons 5 maande swanger. Die tyd stap omtrent aan. Ons gaan die naweek weer bietjie prams uittoets en hopelik finale besluite neem. Ons volgende sonar by my gynae is op die 22 Augustus wat oor 3 weke is.


1 comment:

  1. Amazing! Great om te hoor alles is OK! Geniet elke oomblik!

    ReplyDelete