Saturday 8 June 2013

13 weke: Ons patat is gesond

Yay gister was die langverwagte 13 weke sonar. Mens wonder elke nou en dan of mens rerig swanger is want daar is nie groot alledaagse tekens nie, ja die magie raak stadig maar seker groter en ek voel elke nou en dan nie so lekker as ek iets geeet het wat ek nie moes nie, maar nou weet ons ons is rerig swanger.


Ons patat is gesond, die hartjie klop teen 150bpm, al die organe is gevorm. Ons kon die hartjie in aksie sien, sien hoe die bloed in en uit die hart kamers pomp. Patat het baie rond beweeg en n goeie show opgesit.

Hier is n video van die hartjie wat in die bors klop.
(hoop maar julle kan die video sien...nie seker of dit gaan werk nie)



Dis so n belewenis om hierdie klein dingetjie in aksie te sien. Dit beweeg, strek die bene, beweeg die arms en gaan aan met groei en groot word in die baarmoeder, en is net so oor die 8cm groot. Min gespin oor wat buite aangaan. Blykaar op hierdie ouderdom slaap hulle omtrent 20 ure per dag, in totaal, maar net vir 7minute op n slag.

En so met vandag se tegnologie kan hulle al baie vroeg se wat die geslag van ons kabouter is, en hulle het bevestig dat ons n dogtertjie verwag. 



So ons is baie opgewonde en dankbaar vir ons gesonde klein patat. Ons volgende scan is eers oor 5 weke. Nou dat ons weet alles is goed met ons klein wonderwertjie gaan ons nou rustig begin voorberei. Ons moet spasie maak in hierdie klein huisie vir nog n mensie.


2 comments:

  1. Awe! dis nogals nie 'n alien nie! Congrats! Ek is seker dit gaan een van die mooiste kinders wees ooit!

    ReplyDelete