Friday 28 June 2013

16 Weke

Shoe kan nie glo ons is al 16 weke swanger nie. Die tyd stap aan en ons geniet elke oomblik.
Van week 16 af kan patat ons hoor, so ons is baie opgewonde daaroor en ook baie bewus van ons reaksies tot dinge.

So ver is ons baie geseend met dinge wat in plek val vir ons klein patat. Ek het omtrent a hele Maternity klerekas van 2 vriendinne ontvang so wel as n bed vol baba klere tot om en by 4maande en n carry cot en baby carrier van Colette af. Dis net ongelooflik hoe dinge in plek val. Ons voel so geseend, veral nadat ons hierdie week n groot tandarts rekening ontvang het wat nie deur mediese fonds gedek gaan word nie.

Blykbaar is patat nou tussen 101 - 127mm lank van haar boud tot haar kop en weeg tussen 85 - 140gm. 

16 weeks:
While she’s getting used to your voice, the tiny muscles in her body, especially the ones in her back, are gaining strength, so she can straighten out a little more. And thanks to her developing facial muscles, your baby is capable of making a few expressive frowns and squints, even at this early stage. (Don’t worry, those frowns have nothing to do with the sound of your voice!) And her eyes are finally working, making small side-to-side movements and perceiving light (although the eyelids are still sealed). 

Hier is n foto van my magie....my maag lyk maar groter as ander mense sin op hierdie stadium, eerstens omdat ek nog altyd met my rug ingehol loop / staan en tweedens as gevolg van die mioom van 10cm wat ek in my baarmoeder het. Vir die wat nie weet nie, n mioom is n fibroid en dis totaal en al onskadelik. Kan miskien net crowded daar binne begin word sodra patat groter word. Ons sal op ons 18 weke gynae besoek hoor of die mioom al kleiner is want die hormone wat so hoog in die eerste 3 maande was, het dit so baie maak groei.

Oor die algemeen is ons gesond...het n klein bietjie gewig opgetel, maar andersins is ons baie gelukkig en leer elke dag iets nuuts.




Saturday 8 June 2013

13 weke: Ons patat is gesond

Yay gister was die langverwagte 13 weke sonar. Mens wonder elke nou en dan of mens rerig swanger is want daar is nie groot alledaagse tekens nie, ja die magie raak stadig maar seker groter en ek voel elke nou en dan nie so lekker as ek iets geeet het wat ek nie moes nie, maar nou weet ons ons is rerig swanger.


Ons patat is gesond, die hartjie klop teen 150bpm, al die organe is gevorm. Ons kon die hartjie in aksie sien, sien hoe die bloed in en uit die hart kamers pomp. Patat het baie rond beweeg en n goeie show opgesit.

Hier is n video van die hartjie wat in die bors klop.
(hoop maar julle kan die video sien...nie seker of dit gaan werk nie)



Dis so n belewenis om hierdie klein dingetjie in aksie te sien. Dit beweeg, strek die bene, beweeg die arms en gaan aan met groei en groot word in die baarmoeder, en is net so oor die 8cm groot. Min gespin oor wat buite aangaan. Blykaar op hierdie ouderdom slaap hulle omtrent 20 ure per dag, in totaal, maar net vir 7minute op n slag.

En so met vandag se tegnologie kan hulle al baie vroeg se wat die geslag van ons kabouter is, en hulle het bevestig dat ons n dogtertjie verwag. 



So ons is baie opgewonde en dankbaar vir ons gesonde klein patat. Ons volgende scan is eers oor 5 weke. Nou dat ons weet alles is goed met ons klein wonderwertjie gaan ons nou rustig begin voorberei. Ons moet spasie maak in hierdie klein huisie vir nog n mensie.