Monday 9 December 2013

It's the final countdown....

Ons is besig met week 40 van ons swangerskap.....kan nie glo dat 9maande besig is om tot n einde te kom nie. Die ander dag was dit nog 1 maand om te gaan. Ek voel baie goed. Patat sit lekker daar binne, skop en trek my soms uitmekaar uit maar andersins dink ek sy is heel gelukkig daar binne. Al haar goed is reg, ek en Weber gaan net die kar stoeltjie vanaand in my kar pas en dan is ons ready to go. Ek doen nog n paar klein admin takies vir Dial-a-Picnic maar die meeste dinge is afgehandel en Weber is besig met sy laaste week van werk. Van Maandag af is hy op vakansie. Yippee! 

So as patat nie haar eie verskyning teen Vrydag gemaak het nie gaan ons n datum vir volgende week vas stel om haar met n keisersnit uit te haal. Ons sien Donderdag weer die ginekoloog.

Hier is n foto van patat se "kamer".


Die volgende fotos is op 37 weke geneem.


Last but not least die week op week foto:



Hou ons asseblief in julle gedagtes. Die mioom is nogsteeds daar en patat het 10% kans om natuurlik gebore te word. As ons op die dag sien sy kry dit nie reg nie, sal ek teater toe gaan vir die keisersnit. Dink aan ons dat ons sal rustig wees wanneer ons groot oomblik uiteindelik aanbreek. Ons vertrou dat alles sal goed verloop :)

Die volgende keer wat ek hier sal skryf sal ons wonderwerkie al gebore wees :) Exciting times.

Hoop dit gaan goed met elkeen van julle. Sien uit daarna om Patat aan die wereld voor te stel.

xxx
PW