Wednesday 13 November 2013

1 Maand om te gaan

Shoe, ek kan dit byna nie glo nie. Vandag, 13/11/13, is dit presies 1 maand tot patat se voorspelde aankoms. Die laaste 8 maande het gevlieg maar tog voel ek ons kon alles doen wat ons beplan het om voor te berei vir haar koms.

Ons was verlede week weer by die ginekoloog. Sy het bevestig dat patat nog baie hoog le en dat die mioom huidiglik nog in die pad is van waar sy moet uitkom. Die mioom is wel n bietjie kleiner en is nou  7 x 9cm ipv 9 x 10cm. Ons gaan volgende week vir n 2de opinie met ons ginekoloog se goedkeuring en dan sien ons, ons ginekoloog Donderdag weer om verder te bespreek wat ons opsies is vir natuurlike geboorte en of ons maar n keiser moet doen. Ek probeer gesond leef en positief te bly, maar besef ook dat ons gaan moet doen wat beste is vir patat se gesondheid. Hou ons asseblief in julle gedagtes :)

Op die 25ste Oktober het Elana en my vriendinne vir my die beste ooivaarstee gegee. Hulle het gebak en brou dat die stof so staan en vroeg die oggend gegaan om die venue reg te kry. Dit was absoluut stunning en die dag sal altyd onthou word. Ek en Weber wil net weereens baie dankie se vir die mooiste, beste, spesiaalste ooivaarstee ooit. Dit was wonderlik om dit met almal te deel en ons is dankbaar vir almal se moeite en liefde. Ons het die familie, wat ver bly, baie gemis! Ons hoop deur die blog kan ons julle nader bring aan hierdie awesome journey wat ons op is.

Hier onder is n paar fotos van die tee.


Vanaand gaan ek en Weber die hospitaal tassie pak. Ek was baba klere / goed al vir die laaste 3 dae. Oor die naweek gaan ons seker maak ons weet hoe om die baba stoeltjie en pram te gebruik en op te stel, sodat ons nie ons self dood sukkel wanneer die oomblik kom nie.

Ons het ons Doula (birthing partner) geboek vir Elizabeth se geboorte.  Sy is daar tydens die hele geboorte om ons te help om te ontspan en n streslose geboorte te he. Sy is ook daar om vir Weber af te los ingeval hy n blaaskansie nodig het. Sy help met die eerste voeding en doen n huis besoek na die geboorte om seker te maak ons is ok. Dit stel ons net gerus om te weet daar is iemand om ons by te staan.

Onderaan kan julle sien hoe die maag nou al staan. Patat groei dat die stof so staan :)

Ek sal oor die volgende 4 weke bietjie meer skryf dan kan ons saam die laaste weke af tel.