Friday 25 October 2013

Uiteindelik - Patat se naam

Yay die tyd het aangebreek dat ons met almal Patat se naam wil deel. More is my ooievaarstee en ons gaan dit daar reveal so ons wil graag he die familie moet eerste weet.

Ons het besluit op:



ELIZABETH ANSIL JANSE VAN RENSBURG

Die naam Elizabeth was my Ma se tweede naam en kom voor in albei families.
Elizabeth betekenis: God's Promise

Ansil kom van ANton & SILna af


Ons het verlede naweek ons Maternity Photoshoot gehad en hier is n paar fotos.


Vandag is on 33 weke swanger. Kan nie glo die tyd het so vinnig verby gegaan nie. Oor n paar weke ontmoet ons, ons klein wonderwerkie. Ons kan nie wag nie, Sy is lekker bedrywig binne my en ons kan nie wag om die klein persoonlikheid te ontmoet nie. Daar is nog n paar goedjies wat ons moet uitsorteer, maar ons doen alles stuk stuk.

Ons wil net baie dankie se vir almal se liefde en ondersteuning xxx Ons sien uit daarna om hierdie journey met julle te deel.

xxx

Wednesday 9 October 2013

HEADLINE: Husband steals pregnant wife's pillow

Ons is nou 30.5 weke swanger en die tyd stap aan. Ons het 2 naweke terug ons laaste Ante-natal klasse gehad. Moet se ek het dit baie geniet, dit was definitief die moeite werd en ons is so dankbaar dat ons mediese fonds dit amper helemaal gedek het.

Ek en Patat is baie gesond, en natuurlik Webs ook. Ons het n paar challenges gehad met n geslote been in die pelvis, maar gelukkig het die Chiropractor dit vinnig uitgesorteer. Maar van so 3 weke terug slaap ons maar met n kussing tussen die bene om die drukking op die pelvis bene te verminder. Dit help nogal baie. Toevallig toe my geslote pelvis reg is het Weber begin lae rugpyn ontwikkel amper op dieselfde plek op sy rug. Dr Paula het toe geadviseer dat hy ook met n kussing tussen sy bene slaap. Jong ons bed het omtrent crowded geraak met 2 lywe en 2 kussings onder die lakens. Die een aand het ek wakker geword en agter gekom my kussing is weg. Dit was nie in die bed nie en ook nie op die grond nie. Ek vat toe maar n kleiner kussing en slaap toe verder. Toe ek die volgende oggend wakker word toe is my kussing eweskielik weer in die bed. Ons het bitter vinnig die raaiself opgelos. Weber het sy kussing op die vloer gegooi en myne gesteel. Can you believe it ;) Maar dit raak beter. Ons besluit toe dat Weber nie meer met n kussing moet slaap nie, om enige confusion te voorkom. Die volgende aand word ek uit my slaap uit wakker gemaak met Weber, wat in sy slaap, aan my kussing ruk en pluk om dit te steel. Ek wou my dood lag. So nou slaap hy weer met sy eie kussing en ek met myne. Het nog nie weer probleme gehad van toe af nie.

Na omtrent 3 maande is ons nuwe kas in die studeer kamer uiteindelik ingesit. Yippee. Patat se compactum het ook so 2 weke later aangekom. Ons moet nog net die handvastels op sit dan is dit ook klaar.


Ek moet se vir myself lyk ek elke dag meer en meer swanger. Ek voel goed, voel nie soos n olifant nie maar as ek myself in die spieel beloer sien ek hoe rond my maag is. Onderaan is die laaste 4 weke se week tot week foto saam met die vorige weke sin. Weet nie wat op week 29 aan gaan nie maar my agterstewe lyk omtrent groot. Dink die hemp is nie behoorlik afgetrek nie.


Komende Dinsdag gaan ons vir ons 32 weke sonar / checkup. Sien soos gewoonlik baie uit daarna. Dis altyd lekker om te sien wat sy maak en hoe groot sy geword het. Patat is deesdae baie bedrywig, skop en beweeg baie :) Sy gee vir ons ure se vermaak van binne my :)

Wel tot ons volgende update....laat dit juig waar ookal julle julself in die wereld bevind :)

Liefde & Groete
PPW (Paula, Patat & Weber)