Monday 9 September 2013

Vooruitstrewend en agterbaks

Dis definitief n goeie beskrywing van hoe my liggaam besig is om te verander. Ons is nou 26.5 weke en patat groei lekker en raak elke dag meer bedrywig. Vooruitstrewend is patat se bydrae en agterbaks is seker my bydrae. Moet se oor die laaste maand het ek meer koekies en sjokalade geeet as wat ek gewoonlike sal eet. So vir die volgende 3 maande sal ek meer self beheersing moet toe pas. Wil nie soos n baba olifant teen die einde lyk nie. Behalwe vir die koekies en sjokolade eet ek lekker gesond en rus so veel moontlik. Ek het hier en daar n paar swangerskap skete by gekry maar niks ernstig nie. Gaan van dag n chiropractor sien. Dis nog n eerste vir my. Ek het my rug seer gemaak toe ek n boks opgetel het want ek wil mos nie luister nie, so nou hopelik sal dit uitgesorteer word.

Wanneer ons rustig op die bank sit en tv kyk hou patat daarvan om rond te beweeg en dis so lekker vir my en Weber om te sien hoe die maag beweeg. Haar bewegings is nou soveel sterker en meer gereeld. Kan nogsteeds nie indink wat die toekoms vir ons inhou nie. 

Na amper 3 maande se gesukkel word ons studeerkamer kas more ingebou, dis nou as die ou opdaag. Dis omtrent soos tande trek. Ek sal n foto laai wanneer dit klaar gedoen is. Die baba kas behoort oor die volgende 3 weke aan te kom en dan kan ons dinge meer uitsorteer en voorberei vir haar koms. Wanneer mens in so klein plekkie bly is beplanning baie belangrik.

Fetal development - 26 weeks pregnant

Measuring your baby from top to toe with her legs extended, she is probably about 36cm. She weighs a little more than 760g. Your baby's eyes begin to open around now. Her response to sound grows more consistent towards the end of the seventh month, when the network of nerves to her ears is complete. She may be able to hear you and your partner chatting. Your baby also continues to take small breaths, getting plenty of practice for when she's born. It's all preparation for when she takes that first gulp of air.  

Onderaan kan julle sien hoe ons patat besig is om in my te groei......dit bly maar net n absolute wonder :)