Sunday 14 July 2013

18 Weke

Ons was Donderdag, 11 Julie, vir n gynae ondersoek. Soos gewoonlik is dit altyd lekker om te sien hoe patat lyk en die vordering wat gemaak word. 

Ons het nou ons gynae vir die volgende paar maande vir die eerste keer ontmoet. Toe sy met ons sonar begin was sy baie verbaas om te sien hoe groot die mioom is wat op die kant van my baarmoeder sit. Die mioom is nou 11cm groot en rus agter op my pelvis en dis hoekom ek soms pyne in my stytjie kry. Die spasie is besig om bedruk daar binne te raak. Weber se ten minste het patat geselskap daar binne. Ons is rustig oor die mioom en sal aanhou bid dat dit moet kleiner word anders sal baba nie kan kroon nie wat beteken dat ons n keiser sal moet he.

Ons het n besluit geneem om nie te stress hieroor nie en glo dat alles sal uitwerk soos dit moet.

Die goeie nuus is dat patat al 230gm weeg. Bietjie groter as die algemene gewig van n baba op 18 weke. Hier onder is die sonar van Donderdag se besoek. Sy le in die "fetal position", heel rustig, het glad nie beweeg nie.


Die sonar by die gynae is nie so gedetaileerd en duidelik soos die by die Fetal Clinic nie. Gelukkig het ons oor 4 weke weer n sonar by die Fetal Clinic en dan sal ons weer duideliker fotos he. Dit bly maar net fantasties om alles so te kan sien. 

Elke dag raak my magie groter en lyk ek al hoe meer swanger. Ek het swangerskap jeans hierdie laaste week begin dra. Dis so gemaklik, wens alle jeans was so ontwerp.

Onderaan is vordering van hoe die maag besig is om te groei.


Die foto word altyd op n ander tyd geneem dis hoekom die kleur nie dieselfde is nie, maar dit gee ten minste vir mens n idee wat aangaan.

Ons moet nou n ingeboude kas in die studeer kamer sit sodat ons spasie teen die ander muur kan maak vir baba se goed maar oh jinne dis soos tande trek om n ordentelike persoon te kry wat die kas wil en kan bou en wat ook nie te duur is nie. Ek glo teen die einde van hierdie week sal ek iemand gevind het so dat ons dit nou klaar kan kry. Dan kan ons die baba kas bestel en verder beplan.

Baby's Progress - Week 18

At approximately 20 centimetres and 180 grams, your baby is growing rather quickly by now. Pads on the fingertips as well as the toes are forming this week, and your baby’s bones continue in ossification (hardening). Meconium (the first faecal matter) is starting to be produced by the digestive system and will accumulate in the bowel.